CALVYNNAVORSING KONGRES 1 & 2 SEPTEMBER

CALVYNNAVORSING KONGRES 1 & 2 SEPTEMBER

Gebeure

2016-08-17

Die tiende Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing word DV op 1 en 2 September in Pretoria aangebied. Die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria sal as medegasheer optree. Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om die kongres by te woon. Die kongres sal aangebied word in die gebou van die Nederduitsch Hervormde Kerk Pretoria-Oos, Delyweg 100, Waterkloofpark, 0181.

As sprekers, vanaf verskillende universiteite in Suid-Afrika en oorsee, sal optree (in alfabetiese volgorde): Dolf Britz, Victor d’Assonville, Erik de Boer, Wim Dreyer, Danie du Plessis, Eric Kayayan, Thapelo Khumalo, Frikkie Mulder, Andrew Muttitt, Erik van Alten, Natie van Wyk, Willy Zeze.

U kan die inskrywingsvorm vir die kongres hier aflaai.